

VETKOEK MET KERRIE MAALVLEIS
500 gram maalvleis
½ eetlepel sout
½ teelepel peper
½ teelepel komyn
1 teelepel borrie
1 teelepel kerrie poeier
4 eetlepels olyfolie
1 ui
1 aartappel, in blokkies gesny
Sommer alles in die stoompot vir 30 minute met bietjie water.
VETKOEK
1 koppie koekmeelblom
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
1 eetlepel olyfolie
water – tot dit ‘n slap deeg vorm
Maak nou olie in die pot tot dit lekker warm is, toets met ‘n klein stukkie deeg, as dit borrel wanneer dit ingegooi word, is die olie reg.
Skep nou sulke lekker groot bolle deeg in die olie en bak totdat dit goudbruin is.
Steek die vurk reg deur om te sien of dit gaar is (as daar wit deeg op die vurk vassit, is dit nog nie gaar nie)
Sny nou die vetkoek middeldeur, en skep daai lekker kerrie maalvleis op, en geniet ‘n lekker vetkoek.
BRON- STEFAANS BLAAUW






