

MAKLIKE CINNABONS
My ma se resep
1 sakkie aktiewe droë gis
1 koppie warm volroom melk
2 eiers by kamertemperatuur
¾ koppie witsuiker
4 koppies bruismeel
1 teelepel sout
1/3 koppie botter, ligtelik gesmelt
Vulsel (***sien nota onder)
1 koppie donker bruinsuiker
3 eetlepels kaneel
1/3 koppie botter, gesmelt om op die deeg te smeer
Versiersel:
1 houer roomkaas
4 eetlepels gesmelte botter
1 teelepel vanilla geursel
1/8 teelepel sout
1 ½ koppies versiersuiker
Sit jou oond op so 60ºC, vir die rys van die deeg.
Plaas die warm melk en gis in ‘n mengbak en laat vir so 5 minute rus.
Voeg die witsuiker, botter, sout, eiers, meel en meng tot dit goed gemeng is en ‘n bal vorm.
Sit nou die deeg op ‘n meelbestrooide oppervlak knie vir omtrent 15 minute. Moet nie oorknie nie. Smeer nou ‘n glasbak met botter liggies, en plaas die deeg daarin en maak toe met plastiek. Sit in die 60 ºC oond, en laat rys vir omtrent ‘n uur.
Terwyl die deeg rys, maak die vulsel.
Meng die botter en smelt die bruinsuiker daarin en voeg dan die kaneel by.
Maak ook nou die versiersel en sit eenkant. Die versiersel word al die bestandele gemeng met ‘n elektriese klitser tot alles ingemeng en glad is. Sit eenkant.
Na die deeg gerys het, haal uit oond maar los die oond op 60 ºC vir ‘n tweede rys.
Druk die deeg effeks plat, maar moet nie afknie nie. Rol nou die deeg uit tot dit so ongeveer ‘n halwe sentimeter tot ‘n sentimeter. Smeer met die gesmelte botter, en smeer met die suiker/kaneel stroop mengsel.
Rol dit nou op laat dit lang “worse” vorm, omtrent so dik soos vrou se pols, of bietjie dikker. Sny nou wieletjies van omtrent ‘n sentimeter tot 1/5 sentimeter dik. Pak die wiele in ‘n gesmeerde oondbak, maar dit moet net net raak aanmekaar. Maak weer toe met plastiek en sit terug in die oond vir nog ‘n uur om weer te rys.
Na die uur sal die cinnabons weer bietjie gerys het, en behoort nou aanmekaar te raak. Haal dit uit die oond en verhit die oond na 180ºC. As die temperatuur reg is, haal die plastiek af, en bak vir ongeveer 15 – 18 minute. Die cinnabons sal effens bruin wees bo op. Moet nie te lank bak nie, anders raak hulle droog.
Versier die cinnabons onmiddelik na hulle uit die oond uit is met die roomkaas versiersel.
Resep en Foto: Dewet En Tania Botha
*** Ek het gevind later om die vulsel mengsel in ‘n stroop te maak, eerder as korrelrigheid van die bruinsuiker. Hierdie spesifieke foto was nou my eerste, maar ek het gevoel dis asof die bruinsuiker nie lekker opgelos het en stroop gemaak het nie. So later het ek die bruinkuier, botter en kaneel eerder in ‘n stroop gemaak en oorgesmeer, dan is die korrelrigheid minder.






