Hierdie is my eie resep, deur die jare aangepas om hom te kry soos wat hy nou proe.
1 Boks van 32 visvingers
Olie vir die diepbraai van die visvingers
1 Groot ui fyngekerf
1 Eetlepel knoffel
100g gekerfde Sampioene (king oyster verkieslik, of gewone knoppie sampioene)
Bietjie olyfolie
1/2 Koevertjie Sampioensoppoeier
1 Koevertjie Wituiesoppoeier
500ml Volroom melk
250ml Room
1 1/2 koppies gerasperde Cheddar kaas
1/2 teel Swartpeper
Additionele sout na smaak
Metode:
Diepbraai vir visvingers vir 5 minute, en hou eenkant.
In die olyfolie, braai nou die fyngekerfde ui, knoffel en gekerfde sampioene. Sit eenkant.
Maak nou die melk warm in die mikrogolf, en meng die sampioensoppoeier en wituiesoppoeier daarin en maak seker dit is goed opgelos. Voeg nou die swartpeper by en nog sout indien verkies. Vat nou die gebraaide uie, knoffel en sampioenmengsel en meng dit in die melkmengsel in. Voeg laastens die room by en roer goed deur.
Pak nou die gebraaide visvingers in lae in ‘n oonvaste bak, en gooi die melk/room mengsel eweregtig oor en maak seker alles is goed bedek. Heel laaste strooi die gerasperde kaas bo oor.
Maak toe met foelie, en bak vir ongeveer 30 minute by 200 grade. Na die 30 minute, haal die foelie af, en bak vir ‘n verdure 30 minute, of totdat die sous mengsel goed verdik het en die kaas effens gerooster het.
Dien op saam met kappokaartappels of styel van jou keuse.
Resep en foto: Dewet En Tania Botha








