


STYWE ROOMKAASVERSIERSEL-MET MEEL
Resep: Maria Liebenberg
Foto: Petre van Jaarsveld
FOOD LOVERS RECIPES
¾ koppie sagte botter/baking margarine
½ koppie roomkaas
¾ koppie bruinsuiker
1 koppie koekmeel
1 teelepel sout
2 teelepel vanilla geursel
2-3 koppies versiersuiker
Klits (room) botter, roomkaas en bruinsuiker vir 2 min op hoë spoed, totdat die kleur meer wit word.
In ‘n aparte bak, meng meel en sout.
Voeg meel/sout mengsel by botter mengsel en klits tot goed gemeng.
Voeg vanilla by en dan die versiersuiker. Meng goed.
DIS BAIE LEKKER







Petré Van Jaarsveld
Rina …. ek het toe eers n bietjie van die “Roomkaas versiersel met meel” aangemaak … is voorwaar heerlik …. Geen melerige smaak … Lekker romerig …. en net reg om n koek mee te versier ..