
KAMBRO KONFYT
Uit Peter-jasies se resepteboek
As jy iewers die kans kry om van die kambro konfyt in die hande te kry moet jy beslis proe hoe dit smaak, dit laat jou dink aan kafferwaatlemoen konfyt, maar dit het tog ‘n unieke smaak.
Hier is die resep van ‘n tannie wat gereeld Kambro-konfyt kook. Volgens haar is net die Kambro’s wat in Augustus uitgehaal word geskik vir konfyt kook.
Hier is die resep soos wat sy dit maak:
Skil kambro dun af en week dit vir ‘n ruk in soutwater om melk uit te trek (ek weet nie hoe lank ‘n ruk is nie, dit is maar soos ek die resep gekry het).
Sny die kambro in repe of skywe wat geskik is om te prik.
Prik deeglik van alle kante en sny dan in verlangde groote of vorm.
Weeg die stukke.
Week nou die stukke oornag in kalkwater (1 eetlepel kalk op 3.4 liter water)
Gooi water af en spoel stukke af met skoon water.
Sit nou die stukke een-een in kookwater (water moet nie ophou kook nie) en kook vir 10 minute vinnig tot deursigtig.
Maak stroop van 500 gram suiker vir elke 500 gram vrugte en gebruik drie koppies water vir elke 500 gram suiker.
Laat stroop kook en plaas stukke geleidelik daarin sonder dat stroop ophou kook.






