MELKTERT ROLKOEK
4 eiers geskei
175 ml strooisuiker
2 eetlepels warm water
1 koppie koekmeel
Klits die eierwitte medium styf.
Klop eiergeel en strooisuiker met 2 eetlepels water tot liggeel. Sif meel bo-oor en vou saggies met ‘n metaallepel in eiermengsel. Vou medium geklitste eierwitte in en sprei in ‘n rolkoek pan wat met bakpapier uitgevoer is – nie ‘n koekie pan nie. Daar’s ‘n verskil in grootte en rolkoerk sal dun en papperig wees as jy nie so pan gebruik nie.
Bak vir 12-15 min in 200 ºC.
Voel aan rolkoek voordat jy uithaal. Moet sponsagtig terugspring.
Rol op in vadoek wat met strooisuiker gestrooi is op en laat ‘n rukkie rus.
Melktert vulsel:
750 ml melk
2 eiers
30 ml maizena
20 ml vlapoeier
20 ml koekmeel
Warm melk op tot net onder kookpunt. Meng die res van die bestanddele tot glad met bietjie meel en klits ‘n klein bietjie melk in om pasta te vorm. Verhit alles tot kookpunt en maak gaar tot dik. Laat afkoel (koud), rol die rolkoek af en sprei op rolkoek. Sprinkel bietjie kaneel oor en rol op.
Bo-laag
Klop room tot styf met bietjie suiker en spuit oor rol. (Kan nie onthou waar ek die resep gekry het nie)
Resep en foto: Amanda Conradie