MARIAN SE SKAAP EN BOONTJIESOP
Ok wag laat ek dink oor die resep
Skaap skenkels en lieslap
Spikkel boontjies
2Leek
Bossie Turnips
1 Uie
5 Wortels
Pakkie tamatiepaste
Pakkie mushroomsop
Sout
Peper
Steak en tjops speserye
Aromat
Chutney
Worcestershire sous
Sweet chillie sous
Knoffel
Jy kan boontjies laat le soos ou manier of jy sit in stoompot.
Halwe pakkie boontjies met half vol water in stoompot vir uur gekook.
Voeg vleis by kook nog n 40min
Gooi speserye en sout en knoffel by na smaak
Gooi halwe koppie chutney en so paar skutte Worcestershire sous en halwe koppie sweet chillie sous by.
Sny groente op en was dit en gooi bo oor. Kook weer vir so 40min
Maak sop en tamatiepaste aan met so koppie water en gooi by. Sit op simmer en kook sop deur.
Dan sit ek hom op keep warm en laat hom so staan. Hoe langer hoe beter.
Dan moet julle maar die sop proe en besluit of julle nog sout wil bygooi
Resep & Foto: Marian van Deventer








