
SPINASIE EN RYS DIS
Vars spinasie
1 koppie rou rys
rou maalvleis
sout en peper
1/2 koppie room
Was en kerf n klomp spinasie en pak n dik laag onder in n casserolepan. Gooi n koppie rou rys oor dit. Gooi nou spesery gegeurde rou maalvleis oor alles. S+P na smaak. Gooi weer n dik laag gekerfde spinasie oor alles (onthou spinasie kook erg weg). Gooi nou NET n halwe koppie room oor alles. Bedek en sit in oond vir ongeveer 1 uur op 180 grade! Heerlike eenbak gereg!
Santie Carelse







Heerlike resep. Sal dit weer maak
. Ek het net gevind dit kort n bietjie vog. Voeg n halwe koppie water met n t. masala by.
Myne het ek met Koedoemaalvleis gemaak en dit was heerlik!