Ek stuur-my man se gunsteling :
1 blik Chilli sardyne, ek haal al die gemors binne uit, kap n medium ui. Dan maak ek sommer kits smash of vars Mash, skep dit in die bord, warm, dan die koue vis met sous-stukke, dan n lepel of 2 gekapte rou uie op.
My man het vir my gesê dit pas nie, na die eerste keer wat ek dit gemaak het, sowat 42 jaar gelede, het hy baie vinnig gevra: Wanneer maak jy dit weer, jy het dit lanklaas gemaak. Dan het ek nog altyd gesê ek maak dit in die somer. Hy wil dit somer en winter eet!
Tina Botha








