SPINASIE EN RYS DIS

 

2014-05-14-spinasie

SPINASIE EN RYS DIS

Vars spinasie

1 koppie rou rys

rou maalvleis

sout en peper

1/2 koppie room

Was en kerf n klomp spinasie en pak n dik laag onder in n casserolepan. Gooi n koppie rou rys oor dit. Gooi nou spesery gegeurde rou maalvleis oor alles. S+P na smaak. Gooi weer n dik laag gekerfde spinasie oor alles (onthou spinasie kook erg weg). Gooi nou NET n halwe koppie room oor alles. Bedek en sit in oond vir ongeveer 1 uur op 180 grade! Heerlike eenbak gereg!

Santie Carelse