

ONGEBAKTE MELKTERT
1 blik kondensmelk
3 blikkies melk
75 ml mielieblom
2 eiers
30 ml botter
1 ml sout
5 ml vanilla
Verhit kondensmelk en 2 ½ blikkies melk in mikro tot kookpunt.
In ‘n ander bak klits ander ½ blikkie melk, eiers en mielieblom saam.
Voeg bietjie van die warm by die koud en voeg dan eiermengsel by melkmengsel.
Mikro vir ongeveer 8 minute en roer elke minuut baie goed.
Voeg nou botter en vanilla by.
Pak koekies in reghoekige tertbak en gooi die mengsel oor. Strooi kaneel oor en verkoel vir ongeveer 3-4 ure.
Myne het binne ‘n halfuur buite die yskas geset en ‘n uur later het ons al geëet!!!
Foto: Liana Barnard Claassen







Ook lekker met Nutti Krust Biscuits as basis.
Hierdie resep praat van koekies wat vir die “kors” gepak moet word in ‘n bak. Dit sê nie wat nie. Ek sou voorstel seker maar iets soos tennisbeskuitjies.
Dit is reg Adam, koekies van jou keuse is reg