ONGEBAKTE MELKTERT

ongebakte melkterttested
ONGEBAKTE MELKTERT
1 blik kondensmelk
3 blikkies melk
75 ml mielieblom
2 eiers
30 ml botter
1 ml sout
5 ml vanilla

Verhit kondensmelk en 2 ½ blikkies melk in mikro tot kookpunt.
In ‘n ander bak klits ander ½ blikkie melk, eiers en mielieblom saam.
Voeg bietjie van die warm by die koud en voeg dan eiermengsel by melkmengsel.
Mikro vir ongeveer 8 minute en roer elke minuut baie goed.
Voeg nou botter en vanilla by.
Pak koekies in reghoekige tertbak en gooi die mengsel oor. Strooi kaneel oor en verkoel vir ongeveer 3-4 ure.
Myne het binne ‘n halfuur buite die yskas geset en ‘n uur later het ons al geëet!!!
Foto: Liana Barnard Claassen