JUMMMMY POTBROOD!
Koop winkel deeg of as jy ‘n broodmasjien het maak die deeg.
Sny bolletjies mozerella kaas en maak ‘n halfkoppie botter met so 2 t knoffel daarin.
Maak bolletjies deeg en in elke bolletjie sit jy ‘n blokkie kaas.
Druk dit in die knoffelbotter en pak in jou swartpot.
Herhaal tot al die deeg op is.
Strooi bruinuiesoppoeier bo-oor en gerasperde chedar kaas en die res van die mozerella as daar oor is.
Bak op kole vir plus minus ‘n uur of in oond by 180 grade C vir ‘n uur en kou dan jou lippe af!
Resep en foto: Esna Rossouw Brand