
BRAAIBROODJIES
Dis die enigste keer dat jy maar jou broodjie aan altwee kante mag botter.
Sny die tamatie en ’n klein bietjie ui in ’n bakkie en geur met bietjie asyn, tamatiesous, blatjang, sout en peper en so ½ teelepel suiker. Sprei oor die een snytjie brood en strooi gerasperde kaas bo-oor en sit die ander snytjie op.
Braai in ‘n toeknyprooster tot mooi bruin aan albei kante.
’n Wenk om jou broodjie weerskante te kan botter smeer, is om die korsie van die brood onder op die bord te sit en daarop te smeer.
Dan bly al die botter nie in die bord agter nie. Die korsie kan jy later met bietjie fyn vyekonfyt eet as niemand kyk nie.
BRON- Gert Peens






