MAALVLEISPASTEI
Alhoewel ek hierdie pastei in die mikrogolf gemaak het, sal ek dit in die vervolg maar liewer in die oond doen. Pas op vir te lank in die mikrogolf. Na die 35 minute het die kors vir my nog nie gaar gelyk nie, en toe maak ek die fout om dit vir 15 minute langer op hoog in te hou. Resultaat…..kors het begin aanbrand aan die kante.
500g maalvleis
3 gekapte uie
3 gekapte tamaties
1 gekapte groenrissie
1 klein blikkie tamatiepasta
250g sampioene in skyfies gesny.
110g bacon stukkies.
Sagte kors beslag (die resep op die blog by Adam Cloete se Beesvleis en Rooiwyn pastei)
Braai die gekapte uie en bacon tot die uie deurskynend is. Voeg die maalvleis by en braai tot dit verbruin het. Roer die tamatiepasta by en prut vir ‘n verdere 5 minute. Voeg die tamaties, groenrissie en sampioene by en kook tot die groente sag is.
Skep in ‘n oondbak en voeg die sagte kors beslag oor. Laat van die beslag aan die kante en in die middle van die vleismengsel inloop. Bak in die mikrogolf vir 35 minute op hoog of in die oond by 180ºC vir 35 minute.
BRON-ADRIAN OLIVIER
FOTO- ADAM CLOETE








