

GEPEKELDE ENGELSE KOMKOMMER
2 komkommers in 5mm skywe gesny
750 ml wit asyn
200 ml suiker
3 lourier blare
8 peper korrels (of 1 teelepel pickle speserye)
Pak komkommerskywe in flesse.
Bring asyn, suiker, lourier blare en peper korrels tot kookpunt.
Roer af en toe tot suiker oplos is.
As asyn net begin kook, skep die oor komkommers in die bottels.
Seël en laat staan vir 3 dae tot komkommer verkleur.
Nota: Madaleine Bezuidenhout
Die resep kan aangepas word vir verslankers soos wat ek doen. Ek vervang die helfte van die asyn met water en dit werk baie goed en laat die suiker heeltemal uit. Ek bottel gewoonlik skywe uie en peppadews saam met die komkommer en dit smaak heerlik as bygereg of slaai.
Resep en foto: Johan Smith






