Gideon se KERRIEUIE
My aand kossies is kerrie eier avo en gestolde wortel slaai als het nogal mekaar lekke geklompementeer oppie tong
Wortel resep is oppie blog.
ongeveer 6 gekookte eiers
2 uie gekap
1 opgekapte tamatie
2 eetlepels suiker
1 eetlepel asyn
1 eetlepel balsamiese asyn
1 eetlepel blatjang
1 teelepel kerriepoeier
sout en peper
Sorteer die uie, voeg die opgekapte tamatie by en kook goed deur.
Voeg die res van die bestanddele by en kook alles saam vir ongeveer +- 10 minute. Skep oor die gekookte halwe eiers !
Resep en foto: Gideon Louw