

WARM AARTAPPELS
Ek het daai “Hot potato” gemaak wat erens gestaan het dat dit ‘n Aussie gereg is. Ek het so gemaak:
6 medium groot aartappels
6 repies spek
4 – 6 spring onions
150 g botter
4 knoffelhuisies
genoeg gerasperde cheddar kaas
sout, peper en hoenderspeserye na smaak
vars pietersielie Kook aartappels, skil en al tot gaar.
Smelt botter en druk die knoffel daarby fyn gemaak.
Smeer solank jou bakplaat met ‘n lagie knoffelbotter en bak DIE spek tot crispy. (sommer terwyl jou oond op 180°C kom)
Sny die uie in ringetjies.
As aartappels gaar is, sit hulle versprei op die plaat bo-op die lagie botter en spekvet.
Druk nou die aartappel met ‘n masher plat, maar nie te hard druk nie, net sodat die skil mooi oop is.
Strooi nou die gesnipperde spek en uie ringe bo-oor, skep dan die res van die gesmelte knoffelbotter bo-oor.
Strooi sout, peper en speserye na smaak oor. (die flippen lekka spice lyk my ook lekker hier)
Strooi dan die kaas en pietersielie bo-oor.
Bak tot die aartappels lekker crispy en die kaas bruin is!
Resep en foto: Nathalie Jessica Koekemoer- Groot






