BASIESE KOEKIEMENGSEL
Dis ‘n basiese mengsel waarby ek 6 verskillende bestanddele voeg vir variasie:
Basiesemengsel :
1 koppie koekmeel
10 ml bakpoeier
knippie sout
½ koppie suiker
1 eier
1 ml vanilla geursel
45 ml olie
melk soos nodig
Variasies :
1 koppie klapper
½ koppie hawermout
5 ml kaneelpoeier en rol dan koekies in sesame sade
paar gekapte kersies
¼ koppie choc-chips
¼ koppie kakao
¼ koppie gekapte neute
Plaas al die bestanddele buiten olie in voedselverwerker. Meng goed en voeg olie bietjies-bietjies by; die mengsel is sag en krummelrig. Voeg melk by tot ‘n deeg vorm. Verkoel 15 min, knyp okkerneutgrootte-stukkie deeg af en druk goed bymekaar. Rol in klein bolletjies.
Pak taamlik ver van mekaar op bakplate (koekies sprei).
Bak 12 min (resep sê 8-10) by 180°C tot gaar en effe bruin bo-op (dit sal steeds sag wees).
Laat afkoel op bakplaat; plaas op draadrak om heeltemal af koel.
Bêre in lugdigte houer
Foto: Ruaan Emmarentia Bolton







