HOENDERROERBRAAI MET 2 MIN-NOEDELS
Hier is wat ek doen om bg dis te maak:
Braai uie, soetrissies, hoenderrepies in bietjie olie tot sag en bruin.
Voeg sojasous by, wortelrepies, botterskorsietrepies en koolrepies by.
Maak ‘n pakkie Royco “sweet and sour” sous aan en voeg ook by saam met bietjie rooipeper.
Voeg gevriesde roerbraaigroente (soetrissies, mangetout, babamielies, wortels, “beansprouts”) by en kook tot gaar.
Maak intussen 2min – noedels apart gaar en voeg aan die einde by die roerbraai en roer deur. Viola.
Resep geplaas deur Naomi Beetge








