

BUTTERNUT EN FETA QUICHE
Ek bak die butternut in die oond in blokkies met die butternut speserye van woolies.
Dis 4 lae filo met gesmelte botter gesmeer tussen elke laag, met die butternut eerste, feta kaas, en dan bak ek ‘n heel knoffel wat se koppie afgesny is (bietjie olyfolie oor, 20min) ek druk die huisies uit en maak dit met ‘n vurk fyn. sit in die tert
Dan meng ek my standaard quiche mengsel
4 eiers,
3/4 k room,
3/4 melk.
1/2 k cheddar kaas
sout en peper en gooi dit oor.
Dit bak +- 30min @ 180C. Jy kan enige iets in jou filo pak en die eier mengsel oor gooi en bak
BRON- Maria Liebenberg






