BAIE MAKLIKE GEBRAAIDE UIERINGE
Skil 1 groot ui en dikkerige ringe en plaas in yswater in yskas.
Laat ten minste ‘n uur in die yswater staan.
Vat 1 koppie koekmeel en plaas in ‘n plastiek sakkie.
Meng 1 koppie bruismeel met 1 koppie water.(Ek’t met bier gemeng)
Dreineer die uieringe van die water.
Plaas die uieringe eers in die sakkie met koekmeel en doop dan in die bruismeel/water mengsel.
Plaas in warm kookolie tot mooi bruin.
Resep en foto: Benhet Niewenhuis