EIERVRUG PASTAGEREG
2 groot eiervrugte in skywe gesny,
2 groot uie in ringe gesny, bietjie olie om uie in te braai,
900g aartappels geskil en sag maar nie pap gekook en in skywe gesny,
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak,
500ml (2k) cheddarkaas gerasper.
Verhit oond tot 180°C ( 350°F). Bespuit ‘n groot oondvastebak met kleefwerende middel. Strooi sout oor eiervrug en laat 15 minute staan. Soteer uie in bietjie olie tot sag. Druk eiervrug droog met papierhandoek. Rangskik die eiervrugskywe en aartappelskywe in lae in die voorbereide bak. Geur elke laag met sout en peper en sprinkel ook elke laag met gebraaide uie en kaas eindig met kaas. Bak sowat 40 minute of tot eiervrug gaar is en kaas gesmelt en effens verbruin het. Genoeg vir 4-6 mense
Bron: Stompie Theron Borman
Foto: Floraine Wasserman Venter