

“POTATOBAKE” BROODWIELE
Heerlik saam met braaivleis.
1 gekoopte sakkie deeg
2 eetlepels gekapte knoffel
2 eetlepels basiliekruidpesto
babaspinasie blare
Fetakaas
sout en peper na smaak
3 koppies gerasperde Cheddarkaas
1 koppie room
1 pakkie van jou gunsteling “potato bake”, ek hou van die “sour cream en chives”
¼ koppie melk
Rol die deeg uit en smeer die knoffel oor die oppervlak gevolg met die pesto. Pak die spinasie bo-op die pesto en sprinkel die blare met die Feta. Sprinkel met sout en peper na smaak. Strooi 1½ koppies Cheddarkaas na die sout en peper oor en rol die deeg met die vulsel op in ‘n worsvorm, sny die opgerolde deeg in wiele.
Pak die deelwiele met die spiraalkant na bo in ‘n gespuite oondpan, laat spasies tussenin die wiele. Laat die deegwiele rys tot dubbel die volume. Meng die room, melk en “potato bake” saam en giet dit bo-oor die deegwiele. Sprinkel die ander 1½ koppie Cheddarkaas bo-oor die wiele en bak dit in ‘n voorverhitte oond teen 180°C vir 40 – 60 min. So maklik en so lekker!
Resep: Alida Boshoff
One thought on ““POTATOBAKE” BROODWIELE”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.







Done