ADAM SE LEKKER FRIKKADELLE
Ek het gisteraand my gunsteling frikadelle gemaak.
Meng die volgende:
500 g beesmaalvleis
500 g varkworsies vleis uit die derm gehaal
1 koppie broodkrummels
2 eiers
1 eetlepel gemengde jeera en koljanderpoeier
2 eetlepels gedroogde origanum
1 eetlepel fyn knoffel
sout en peper van jou keuse na smaak
koekmeel om die bolletjies in te rol
olie vir vlak braai
Ek het gisteraand my gunsteling frikadelle gemaak.
Meng die volgende:
500 g beesmaalvleis
500 g varkworsies vleis uit die derm gehaal
1 koppie broodkrummels
2 eiers
1 eetlepel gemengde jeera en koljanderpoeier
2 eetlepels gedroogde origanum
1 eetlepel fyn knoffel
sout en peper van jou keuse na smaak
koekmeel om die bolletjies in te rol
olie vir vlak braai
Meng baie goed deur, maak toe en laat ten minste 1 uur staan in die yskas.
Rol eetlepels vleis in meel, maak balletjies en bak in vlak olie.
( Hierdie frikadelle is seker die lekkerste koue padkos wat ‘n mens kan kry).
Ek het dit bedien met fyn aartappels met ‘n bruinuiesous en gestoomde wortels met ‘n gewone witsous.
Resep en foto: Adam Cloete
Nota: Mens kan hierdie resep ook gebruik vir die lekkerste hamburger patties, gebruik die volg resep vir die rolletjies
https://www.foodloversrecipes.com/…/english-stove-top-muffi…/.
geskuif