

GIDEON SE HOENDERPASTEITJIES
1 heel hoender
1 bakkie bruin sampioene
¼ koppie geweekte sago
1 pakkie sampioen soppoeier
bietjie balsamiese asyn
gemaalde swart peper na smaak
¼ koppie broodkrummels
1 rol skilferkorsdeeg
geklitste eier
Kook ‘n hele hoener na smaak fyn, snipper dit en haal alle bene uit. Snipper ‘n die bruin sampioene daarby, voeg die geweeekte sago daarby asook die soppoeier, balsamiese asyn,gemaalde swart peper en broodkrummels.
Meng alles saam en kook weer vir so tien minute.
Rol skilferkorsdeeg uit en druk sirkels volgens jou pannetjie of blikkies se grootte. Druk deeg lekker op die bodem en teen die kante van die gespuite pannetjies.
Sit die vulsel in die panetjies en druk dan sirkels van die deeg vir deksetjies. Druk vas met ‘n vurk, smeer bietjie geklitste eier bo oor en bak op 180 ºC vir 10 -15 min.
joijoioijoij dit was ‘n driekwart uur se tik werk !!
Resep en foto: Gideon Louw






