MAKLIKE ROLKOEK – SWISS ROLL
Leza Du Toit Mienie sê “Ek kan nie bak om my lewe te red nie… Maar swiss roll kan ek maak. Hierdie is ‘n baie maklike resep”
1 koppie koekmeel
½ teelepel sout
6 eiers (geskei)
1 koppie strooisuiker
2 eetlepels suurlemoensap
1 teelepel vanilla geursel
konfyt
Klits eiergeel en suiker saam tot liggeel en romerig.
Voeg droë bestanddele by.
Klits eierwit styf (maak seker klitser is skoon en droog).
Vou eierwitte in die mengsel in.
Skep in ‘n gesmeerde pan (ek gebruik sommer ‘n klein koekie bakplaat wat met bakpapier uit gevoer is).
Bak teen 200 ºC vir 10 tot 15 minute.
Toets pen moet skoon uit die middel kom.
Keer uit op ‘n klam vadoek wat met strooisuiker gestrooi is.
Trek versigtig die bakpapier af .
Maak konfyt effens warm in mikrogolf oond.
Smeer oor die koek. Kan ook gekookte kondensmelk gebruik.
Vat die vadoek aan die punte naaste aan jou lyf en rol versigtig op.
Sny die punte versigtig af en eet dit vinnig, anders wil die kinders dit he…
Resep: Leza Du Toit Mienie
Foto: Cindy Dowling









geskuif