MOSTERDSOUS MET KONDENSMELK
Marita Pritchard – gebruik die kondensmelkblikkie om mee te meet.
1 blikkie kondensmelk
¼ blikkie asyn
1 teelepel mostertpoeier
Meng goed saam.
Hoe langer dit staan hoe sterkter word die mosterd.
Annatjie Kotze
1 blikkie kondensedmelk
½ koppie asyn
3 teelepels mosterpoeier
knippie sout.
Plaas asyn in ‘n skoon flessie met ‘n deksel.
Voeg mosterpoeier by en skud goed.
Voeg kondensedmelk by en skud weer tot verdik. Sit in yskas.








