

PORK BELLY IN DIE OOND GEBANK
Sous:
Sap van een sappige suurlemoen
4 eetlepels ligte sojasous
4 eetlepels heuning
1 potjie Thai Satay sous (230g)
‘n Sous is glad nie noodsaaklik vir hierdie vleisstuk nie, jy kan slegs bietjie suurlemoensap oor die vleiskant smeer indien verkies.
Was die vleisstukke, klad droog met papierhanddoek en sny die vel (met vetlaag) in repe of blokkies met ‘n (baie) skerp mes. Die vel is taai en sny nie so maklik nie, maar dis noodsaaklik om dit voor die tyd te sny, dit vergemaklik die sny van die gaar vleis agterna, want jy sal nie die crackling kan sny as dit crispy gebraai is nie.
Vryf die vleis goed in met sout en peper en ‘n baie klein bietjie olie. Gebruik enige speserye van jou keuse, ek het Ina Paarman se seasoned salt gebruik.
Meng sous bestanddele en sit die sous in ‘n oond braaipan waarin die vleis gemaklik pas. Sit die vleis bo-op, velkant bo.
Bak oop in oond op plus/minus 160ºC vir omtrent 2 1/2 ure. Myne was heerlik sag na omtrent 2 ure, druk met skerp mes of vurk om te voel of die vleis lekker sag is. Hhhmm… heerlik! Pig out!
RESEP EN FOTO: Louise Groenewald







Probeer gerus hierdie vleissnit. Dit is vreeslik maklik om te maak en die resultaat is uitstaande lekker! Dit is ‘n dis wat die afgelope twee jaar bygekom het op my Kerstafel. Besonder lekker 🙂