

LEANNE SE BROCCOLI SLAAI
1 brocolli
1 rooi ui, in klein blokkies gekap
1 pakkie “bacon bits”
gerasperde kaas
1 koppie gevriesde “sweetcorn”
Slaaisous:
¾ koppie mayonnaise
¼ koppie suiker
2 eetlepels rooiwyn asyn
Neem ‘n brocolli en sny die blommetjies so klein as moontlik, hoe kleiner jy die blommetjies kan kry hoe beter. Meng met die uie blokkies. Giet die sous oor en meng weer goed.
Los oornag in die yskas.
Braai die bacon bits die volgende dag tot lekker krakering en voeg by slaai, asook die gerasperde kaas en sweetcorn wat vir ‘n minuut of twee vooraf gekook is.
Meng alles mooi deur en voeg sout en peper by na smaak.
Resep: Leanne Thurston Coetzer







geskuif