KOOS WYE VOETE RIBS MET SOUS (KWV)
1 ½ kg Vark ribs
Maak ‘n mengsel van:
5 ml mosterd poeier
5 ml paprika
5 ml rissiepoeier
5 ml komyn
5 ml origanum
15 ml sout
15 ml bruinsuiker
Vryf ribs met die mengsel voeg dan 1 fyngekapte ui en 1 fyn huisie knoffel by en meng goed met ribs, laat vir 3 ure marineer in yskas
Vryf nou met olie en braai beide kante tot bruin oor warm kole, ongeveer 4 min aan ‘n kant.
Plaas in bak met styfpassende deksel, Bring die volgende tot kook in ‘n klein potjie en giet oor die vleis, sit nou bak in oond teen 180 ºCelsius met deksel en bak tot so sag as wat jy daarvan hou ( 1 uur). Haal dan deksel af en “grill” ‘n rukkie.
Koos se Wye Voet sous
½ koppie brandewyn
1 koppie bruinsuiker
1 koppie bruinasyn
1 ui in klein stukkies
1 tamatie geskil en fyn gesny
30 ml tamatiesous
10 ml dijon mosterd
5 ml komyn
5 ml rissiepoeier
2 ml kaneel
5 ml paprika
5ml mosterdpoeier
2 bay leaves
5 ml sout
zest van ‘n lemoen
1 jalapeno saad en al of sonder saad vir milder fyn gesny
Laat kook en giet oor gebraaide ribs.
Drup bietie lime sap daaroor.
Ek het my KWV ribs bedien met my eie aartappelslaai, die blog se beet blatjang en Duitse Komkommerslaai
Foto en resep: Elize de Kock
Balsamiese asyn aartappels
Amanda Conradie
Kook 3 new potatoes (baba aartappels) per persoon,net tot sag in bietjie soutwater.
Moet nie TE sag kook nie, sny in dikkerige skywe, strooi balsamiese asyn bo-oor terwyl nog warm is. As jy wil, kan jy bietjie olyfolie oorgooi voor die asyn.








