MUSHAVI FILLET MET OESTERVULSEL IN NETVET
1 Groot bees fillet heel
Netvet groot genoeg om fillet gemaklik te omsingel
1 Blikkie gerookte oesters in stukkies gesny
1 Blik ingelegde perskes in stukkies gesny
3 groen Appels in klein stukkies gesny
1 Teelepel Fennel saad
1 Teelepel growwe swart peper
1 Teelepel heel swart peper
2 Knoffelfhuisies fyn gesny
1 Plat eetlepel growwerige sout
125 ml Kikoman Soyasous
125 ml Balsamic Assyn
1 Suurlemoen se sap
Handvol vars Pietersielie, sweet basil, roosmaryn opgekap en gemeng
Handvol Fennel takkies vir garnering nadat vleis gaar is
Vat een glas rooiwyn en drink dit
Plaas skoon gesnyde fillet op oop netvet
Maak snye oor breedte deur fillet tot amper deur elke 3cm uitmekaar|
Meng vloeistowwe, knoffel en pepers en gooi oor vleis
Meng alle bestandele goed behalwe vars fennel en prop dit in die snye van die fillet
Vou netvet om fillet en steek vas met tendestokkies
Laat staan in vleisbak in yskas vir ‘n dag
Braai die fillet oor baie matige kole om nie die netvet the verbrand nie maar wel te braai. Draai tweekeer om. Jy kan growwe sout oor netvet strooi dat hy mooier kan karmanaliseer, maar dis nie nodig nie. Braai tot netvet gaar is en fillet medium en sappig. Strooi fyn fennelblaatjies en stingeltjies oor en dien op deur langs die vulsels deur te sny.
Drink verskeie glase rooiwyn tydens die proses….
Resep en foto: Deon Huysamen