Sny vark sirloin of nek steaks in twee en half cm blokkies asook die soet rissies en ryg op stokkies een na die ander.
Meng al die speserye, sesame, knoffel en soya saam en laat die vark daarin week vir ten minste 2-3 ure.
Beveel ‘n sy vuurtjie aan vir die een.
Braai die bees steaks eerste op warm kole so 2 minute aan ‘n kant tot net geseël en hou een kant weg van hitte.
Braai die vark sosaties oor matige kole en bedruip af en toe met res van die marinade tot gaar en goud bruin, moet nie te veel sout op sprinkel nie, soyasous is klaar effens sout.
Braai nou wors tot gaar en vra vir vroulief om soet-suur sous te maak of gaan koop dit net.
Braai die steak op die res van die kole van warm vuur en bedruip met gesmelte ongesoute plaas botter. Geur met sout en peper na dit gaar is volgens jou keuse.
Bedien met soet-suur sous en ligte slaai.
Resep en foto: Franco Dippenaar








