

HEIDI SE DADELBOLLETJIES
450 g gesnipperde dadels
¾ koppie suiker
113 g margarien
3 koppies Rice Krispies
1 eier
klapper om bolletjies in te rol
Smelt margarien en suiker, voeg die geklitste eier by.
Sny dadels fyn, meng in en laat sag stoom.
As dit sag is, haal af van stoof en laat koud word.
Voeg Rice Krispies by en roer goed deurmekaar.
Maak ronde, lang of vierkantige bolletjies.
Rol in klapper.
Heidi Rowe






