

MELISSA SE PIESANG MUFFINS
Dis baie maklik
5 groot piesangs
2 koppies koekmeel
1 koppie suiker
1 koppie melk
2 teelepels bakpoeier
halwe koppie botter
2 eiers
Klits piesangs tot dit skuim, roer melk, eiers, suiker en botter by.
Meng bakpoeier en meel met vloeibare bestanddele en piesang en sit in matige oond op 180 ºC bak ongeveer 15 min of tot toetspen skoon uitkom
Rina Kleinhans se Nota: Ek het myne met ‘n ¾ koppie Zylitol gebak en ook ½ koppie klapper, 1/3 koppie sonneblomsaad en ½ koppie semels bygevoeg.
Resep: Melissa Kotze
Foto: Rina Kleinhans






