

GESTOOFDE PERSKES EN KLUITJIES
Perskes
500 g gedroogde perskes
water – genoeg om perskes te bedek (5 koppies)
knippie sout
125 ml suiker
1 eetlepel botter
Plaas die perskes in pot. Voeg water en sout by. Kook die perskes tot sag. Meng suiker en botter by.
Kluitjies
250 ml bruismeel
knippie sout
1 eetlepel suiker
water
Meng die droë bestanddele met water tot stywerige deeg vorm. Skep lepelsvol op saggekookte perskes. Sit deksel op en prut oor stadige hitte tot kluitjies gaar is.
Foto: Die Bloubakkie
Rita Olckers
Hierdie heerlikheid kan met ontbyt bedien word, dan sonder die kluitjies, met griekse jogurt, by ligte middagete met roomys en saans as nagereg met warm dun vla. Dis soos ek dit bedien en ook as bykos by vleisgereg.
Maak dit, hou dit in julle yskas, julle sal nie spyt wees nie. Ek gebruik ook die gemengde droë vrugte.
Heerlik!!!!( moenie vergeet om stukkie pypkaneel by te sit terwyl dit kook nie).
Christina De Jager
Ek maak ‘n dik sousie van vla in die soet perskes en ek meng ‘n eier in die kluitjies, my ma en pa het altyd so gemaak.






