FRIKKADELLE MET OF SONDER SOUS
Hierdie is n frikkadel gereg wat heerlik en souserig is maar dit dien ook as jou basiese frikkadel resep. As ek frikkadelle op sy eie maak los ek die ryp tamatie uit en giet so dash uit die bottel blatjang by. Jy los ook uit die 500 ml water en tamatiesoppoeier heel onder aan die einde van die bestanddele lys. Jy kan hulle plat ook druk en gebruik as hamburgerpatties.
1 ryp tamatie
1 groot ui
750 g maalvleis
1 eier
100 ml (1 koppie) oats (hawermout)
150 ml melk
25 ml (1½ eetlepels) asyn
25 ml (1½ eetlepels) worcester sous
7 ml (1½ teelepels) sout
peper
pietersielie
tiemie as jy wil lekker hê
1 pakkie tamatiesop
500 ml water
Kap tamatie en ui en voeg alles by.
Meng liggies met n vurk nie te veel nie.
Is half slapperig maar moenie worry nie dit is reg.
Maak 12 of 14 groot frikkadelle pak in n toe bak met deksel.
Meng die sop met die water en gooi oor.
Bak 60 min by 180°C en haal die deksel af en bak nog 15 min oop tot bruin.
Resep: (Rina Shorty) – HEINER LANGE
FOTO: Rina Kleinhans








