
AARTAPPELKROKETTE
660 g fynaartappel (750 ml)
2 eiers – geklop
30 g botter – gesmelt
5 g sout (5 ml)
500 mg rooipeper (1 ml)
5 g fyngekapte pietersielie (12,5 ml)
Krummels
Meng al die bestanddele en klop deeglik. Vorm in krokette en rol in die krummels. Plaas ‘n rukkie in die yskas. Bak dit in ‘n gesmeerde pan tot mooi goudbruin by 180ºC.
Vir `n ander smaakie kan jy so 3 eelepels gerasperde kaas bygeroer.






