

3 BESTANDDELE SJOKOLADE MOUSSE
1 blik ideal melk verkoel tot baie koud
300 g malvalekkers
200 g donker sjokolade
Neem ‘n halwe blik idealmelk en plaas in glasbak met gebreekte sjokolade en malvalekkers.
Mikrogolf op matige hitte tot heeltemal gesmelt, gebruik whisk om te verseker alles is goed gesmelt en gemeng.
In aparte bak, klits die ander helfte van die idealmelk tot baie styf.
Meng die sjokolade/melkmengsel stadig hierby in terwyl aanhoudend geklits word.
Klits tot goed gemeng en styf.
Verdeel in individuele bakkies of een groot bak en verkoel.
Versier met geklopte room en flake.
Foto: Rina Kleinhans






