

KAASGEVULDE FRIKKADELLETJIES
100 Frikkies
2.5 kg maer beesmaalvleis
5 kookappels, ontkern, geskil en gerasper
5 medium uie, fyngekap
12 ml droë tiemie
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
500 g Tusser-kaas, in 1 cm blokkies gesny (250 ml)
olie vir braai
Meng die maalvleis, appel, ui, tiemie, sout en peper liggies met ‘n vurk saam. Verdeel in 20 eweredige dele en vorm in balletjies, druk ‘n blokkie kaas in die middel van die frikkadelletjie. Vorm die maalvleisballetjie om dit heeltemal te bedek. Bedek en verkoel tot benodig. Braai in verhitte olie tot gaar. Sit warm of koud voor. (Dit lewer sowat 100 klein frikkadelletjies)
Ek “dollie” my frikkadelle bietjie op. Ek sit vulsels in voordat ek hulle in die oond gaarmaak. Enige van die volgende toegerol in die maalvleis: ‘n kersie (cherry), blokkie maaskaas, stukkie pynappel (die ingemaakte pynapple-het nog nie vars pynappel probeer nie), blokkie cheddar kaas, ‘n ontpitte olyf, kersie tamatie, opgekapte gaar spek – en net wat ek beskikbaar het wat ek dink sal werk. Kry nog elke keer komplimente. Ek sit alles saam in een bord en ‘surprise’ as jy hap en die vulsel proe. 3 bone slaai is altyd ‘n sukses en hou lank in yskas of koeler terwyl mens kamp. Geniet dit!
Idees verskaf: Anina Rossouw






