

RENE SE JAN ELLIS POEDING
90 porsies
Beslag:
1 kg suiker
500 g margerien
20 eiers
500 ml appelkooskonfyt
50 ml koeksoda
50 ml bakpoeier
1,8 kg (15 x 250 ml) koekmeelblom
sout
melk
Sous:
3,75 l kook water
3, 75 l melk
2 kg (10 x 250 ml) suiker
500 g margerien
50 ml vanilla
Kook die bestanddele van die sous saam. Gooi in bak.
Room die margerien en suiker. Voeg die eiers geleidelik by en daarna die konfyt.
Meng die koeksoda met ‘n bietjie melk en voeg dit by die eiermengsel.
Vou die droë bestanddele en genoeg melk om ‘n drupbeslag te vorm.
Skep sous in en bak vir 30 minute by ongeveer 180° C.
(Resep dui ongelukkig nie bak grootte aan)”- Kareehof Resepte”
Rene Wessels






