

GROOTMAAT BOBOTIE
(Ongeveer 50 porsies)
10 uie, geskil en gekap
sonneblomolie
5 kg maer maelvleis
125 ml matige kerriepoeier
100 ml borrie
190 ml wit suiker
125 ml wynasyn
625 ml water
625 ml matige vrugteblatjang
190 ml appelkooskonfyt
62,5 ml sout
10 ml peper
3 koppies sultanas
5 koppies gerasperde groen appels
3 koppies gerasperde geelwortels
10 snye volkoringbrood, in melk geweek
10 koppies melk
suurlemoen/lourierblare
12 eiers
Braai gekapte ui in olie tot deurskynend. Voeg maalvleis by en braai tot gaar. Strooi kerriepoeier en borrie oor die vleismengsel, meng goed en roerbraai ongeveer drie minute lank. Meng die suiker, asyn, water, blatjang, appelkooskonfyt, sout, peper en water en voeg dit by die vleismengsel. Roer goed deur. Voeg die sultanas, appel en geelwortel en die brood by die vleismengsel, meng goed en laat dit ongeveer 10 minute lank oor matige hitte prut. Haal die vleismengsel van die stoof af en skep in ‘n groot oondbraaipan of afsonderlike foeliebakkies. Maak die vleismengsel liggies glad met die agterkant van ‘n lepel – moenie die vleis vasdruk nie.Klits die eiers en melk liggies saam en giet die helfte van die eiermelk oor die vleis. Bak tot die eier gestol het. Giet die orige eiermelk oor die bobotie, druk blare daarin en bak tot goudbruin.
Resep geplaas deur Carol Elliott Claasen
Foto: Charmaine Symon
75 porsies
Tanya Erasmus
werk op 10 kg maalvleis
½ brood in melk geweek
5 groot uie
150 gram spice van elk, kerrie poeier, tumeric, gemmer
1 koppie suiker
500 ml chutney en een klein botteltjie Worcestersous
3 pakkies tamatie paste
6 eiers, geklits
1 liter melk
ektra 8 eiers, geklits
Braai spices en suiker saam olie in ‘n groot pot. Druk die brood se melk uit en meng goed deur met jou hande in die maalvleis en saam met dit meng die spices, uie en eiers in jou maalvleis mengsel. In ‘n groot beker maak melk aan saam met die 8 eiers, goed geklits. Druk maalvleis in ‘n pan vas en giet die eier melk mengsel oor al die panne.
Bak elke pan vir ongeveer uur by 180ºC tot gestol.






