

GROOTMAAT HOENDERGEREG
5 oondpanne – 60 persone
10 kg gaar gegeurde hoender
10 blikkies hoenderroomsop
20 koppies gaar rys
5 koppies mayonnaise
5 pakke x 150 g gerookte bief chips of spring onion
Maak hoender gaar en geur na smaak, koel af en sny in klein blokkies. Rol die chips fyn binne in die pak. Voeg alle bestanddele behalwe helfte van die chips bymekaar. Meng goed. Skep in gesmeerde oondpan. Strooi orige chips oor. Bedek met foelie. Bak by 180ºC vir ongeveer 40 minute. Gereg kan voorberei en gevries word voordat dit gebak word. Bak wanneer benodig.
Resep geplaas deur Carol Elliott Claasen






