
GROOTMAAT HOENDERPASTEI
(50 Porsies)
blaardeeg (gekoop) of maak u eie
6-8 kg hoenderborsies (of porsies)
6 groot, gekapte uie
4 teelepels Italiaanse kruie
1 ½ teelepel paprika
3 teelepel sout
3 teelepel gemaalde swart peper (grof)
3 teelepel knoffelvlokkies
6 eetlepels suurlemoensap
6 koppies effe soet wit wyn
8 koppies water
1 koppies sago in 2 koppie lou water
2 kg vierkantige, bevrore wortels
4 koppies bevrore ertjies
Gooi die hoender, uie, kruie, paprika, sout, peper, knoffelvlokkies, suurlemoensap, wyn en water in ‘n pot en kook totdat hoender sag is. Haal af en skep hoenderstukke uit. Haal hoendervleis van bene af en laat koud word. Sny vleis in klein fyn stukkies. Behou die sous (aftreksel). Gooi die geweekte sago in die sous en kook baie stadig (prut op lae hitte). Roer gedurig sodat sago nie aanbrand nie. Kook todat sago deurskynend is. Gooi vierkantige, bevrore wortels in die sago en 2 koppies bevrore ertjies. Laat prut so 15 minute. Roer die sagomengsel by die vleis en gooi ‘n halwe koppie blatjang in en roer. Skep in ‘n vuurvaste oondskottel. Rol vooraf gemaakte of gekoopte blaardeeg dun uit en plaas oor hoendermengsel. Verf geklopte eiergeel bo-oor en bak totdat lig/goudbruin.
Jy kan sommer 4 oondpanne gebruik.
Carol Elliott Claasen






