

ALBERT SE PAELLA-DIE PROSES
Die kuns van Paella maak, lê eintlik in die proses en glo my, as jy die proses onder die knie het, hoef jy nooit weer ‘n resep daarvoor te gebruik nie. Dit klink na ‘n groot werk, maar dit is een van die maklikste geregte om onder die knie te kry. So hier gaan ons:
Stappe vir “Mise en place” (voorbereiding).
Stap 1:
Kies die vleis wat jy wil gebruik soos bv.:
2 porsies/stukkies hoender per persoon
2 porsies/stukkies haas of konyn per persoon
½ koppie Chorizo wors wieletjies per persoon
Enige vleis wat sal lekker wees, dis jou Paella
3 of 5 garnale (prawns) per persoon
3 of 5 mossels (in skulp) per persoon
3 tot 5 ringe Calamari per persoon
180 g Monik vis in blokkies gesny (enige stewige vis GEEN GRATE) Continue reading




