Woefbroodjie met worsie, kaas, tamatie, wortelstokkies en slaai.
VENITA NOLTE
LINKS:
KAMMA SAMPIOENE
Maak 3 aartappels gaar met die skil (in mikrogolf of kook op stoof) tot amper gaar. Laat effens afkoel en maak nou ‘n tonnel deur elke aartappel met ‘n appelboor. Skil die aartappels en sny elkeen in 1½ – 2cm ringe (die afval stukkies kan in sop of bredie gebruik word). Steek ‘n gaar stukkie worsie (Weense, skaap of net wat jy wil) in die gaatjie sodat ‘n stukkie wors bo uitsteek (vir die steel van die ‘sampioen’); (die worsie moet redelik styf in die tonnel pas). Draai ‘n repie spekvleis om elke aartappelring en besprinkel met gerasperde kaas. Bak 15 – 20 minute totdat spekvleis bruin is. Continue reading→


TUNA EN KAAS MUFFINS
Een pakkie savory muffin mix aangemaak soos op pakkie
2 blikkie tuna
Enige kaas in blokkies gesny.
Sweet chillie sous
Meng als saam en bak.
Lekker en maklik
RESEP EN FOTO: Marian van Deventer
Nog 3 kosblikke om te gaan… hierdie een ingesluit, vanaand iets alternatiefs ingesit, my matriek seun se broodjie het vandag ongeeet teruggekom, hy glo nou al teveel brood geeet in sy skoolloopbaan toe doen ek gou so… smackeroos, samoosas, hoender balletjies en groenterolletjies , ek het n pienk sousie gemeng en in n klein plastieke bakkie gegooi, kosblik 2 het kaas stokkies, n kasie en droee wors in, so Hanno Roos, lekker eet more!
Marcelle Pieterse
Ham en kaas muffins nou gebak vir kids se kosblikke more
Hul kosbakke vir vandag Het nog kaas op die muffins gesit
Anita Yolanda Le Roux
Nie nodig om glutenvry te maak nie gebruik gewone meel
https://foodloversrecipes.com/ham-en-kaas-muffins-glutenvry/
You cannot copy content of this page
