

WORTELBESKUIT
Resep: Elmarie de Bruyn
Foto: Marlene Potgieter
FOOD LOVERS RECIPES
2 koppies koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 teelepel koeksoda
1 teelepel kaneel
sout
1 koppie bruinsuiker
3 eiers
1 koppie sonneblomolie
1 teelepel vanilla geursel
3 koppies gerasperde wortels
½ koppie fyn klapper
½ koppie gerasperde appel
½ koppie gemaalde neute – pekan of amandel
Verhit oond 180°C en spuit die pan.
In groot mengbak, sif die meel, bakpoeier, sout, koeksoda en kaneel saam.
Meng die suiker, olie, eiers en vanilla in ‘n maatbeker en voeg by die meelmengsel. Meng goed.
Voeg die wortel, klapper, appel en neute by.
Meng goed dat alles mooi versprei.
Skep in voorbereide pan.
Bak beskuit so 40 tot 50 min.
Laat effens afkoel en sny in vingers.
Droog uit soos gewoontlik.
NOTA: Marlene Potgieter – Ek het bruismeel gebruik ipv koekmeel en bakpoeier, 1 teelepel gemengde speserye bygevoeg en ipv neute, het ek 1 koppie grondboontjie- en rosynemengsel bygevoeg. Die beskuit is heerlik. ‘n Baksel lewer ongeveer 1.2 kg beskuit.






