ROSYNESOUS VIR ROOMYS
¼ koppie suiker
2 koppies water
sout
vanilla geursel
2 teelepels maizena
3 glanskersies gesnipper
1 teelepel ram of brandewyn na smaak
1 koppie pitlose rosyne. sultanas of vrugtemengsel
Kook die eerste drie bestanddele saam vir 5 min. Voeg die rosyne en rum / brandewyn by en kook nog 5 minute. Maak die maizena aan met water en voeg by, kook deur. Voeg laaste die geursel by. Bedien warm of koud op roomys.
Geplaas Deur Rina Kleinhans