

VINNIGE VRUGTEKOEK
Resep: Driekie van der Merwe
FOOD LOVERS RECIPES
Hier is ‘n baie leker vinnige vrugtekoek resep.
Voorverhit die oond op 190°C.
Kook saam:
450 g vrugtekoekmengsel
1 koppie koue water
1 koppie bruinsuiker
75 g margarien
Kook vir 5 minute. Laat afkoel vir 10 – 15 minute.
Voeg by:
1 ½ koppie koekmeel
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel melk
1 teelepel brandewyn/liquer
1 geklitste eier
Meng goed saam.
Bak in 1 pan: 30 – 35 minute of klein blikkies: 12 – 15 minute.
Laat rus solank jy wil en “dose” soos jy wil.
Versier soos verlang.
Baie lekker en vinnig.






