

GROOTMAAT CREMORATERT
3 koppies cremora poeier
1 pakkie suurlemoen jelliepoeier, maak aan met 1 koppie kookwater, laat afkoel
Voeg 1 blikkie kondensmelk en 1 blikkie gedreinde fyn pynappel by, meng goed.
Voeg ¾ koppie suurlemoensap by en meng goed.
Klop 1 blikkie Ideal melk (moet oornag in yskas) lekker styf en vou dit in by die ander mengsel tot goed gemeng.
Skep in voorbereide kors van jou keuse.
Dit is soos ‘n Cremora yskastert en kan ‘n nasie voer, maar vir 40 mense sal ek hom dubbel maak.
Resep: Magda Van Der Merwe
Resep: Elmarie Reyneke Bothma
5 blikke kondensmelk
10 koppies cremora
2 ½ koppie suurlemoensap
Klits tot room. Geen water.
Skep op kors van koekies en botter wat fyn gedruk is.






